Pages Menu
Categories Menu

Posted by on Dec 10, 2016 in Gemeenskap, Gemeente Nuus |

Kersfees

Kersfees

Uit die Leraarspenne…
Ds. Johan de Wet

KERSFEES
Fees van die ligte. Fees van hoop Fees van nuwe dinge. Fees van liefde. Fees van kleur. Fees van Kreatiwiteit.

In die donker stal tussen die aarde se reuk van diere, strooi u en aardse mense wat ruik na rook en sweet na ʼn langpad, lê die klein, klein seuntjie – seun van God!

Hoe groot was die verrassing toe die wyse manne uit die Ooste daar aankom. Hulle bevestig die klein, klein seuntjie. Is ʼn Koning wat die hemelliggame verkondig dit. ʼn Boodskap uit die hemel en groter as die aardse stof en reuke.

Hulle bring geskenke aan ʼn Koning. Geskenke van hoop kreatiwiteit, lewe, oorvloed en liefde wat kleur skep.

Die jaar 2016 het vir baie van ons anders uitgeloop as wat ons gehoop het. Die aardse reuk wat ons elke dag inasem, is heel moontlik nie deel van ons drome of ideale nie. Dit is ons Krip as mens in die wêreld.

Wat ʼn voorreg om in my donker stap, die fees van ligte te vier. Die LIG van die Woord. Die LIG van verlossing en vryspraak. Die kleurvolle LIG van liefde en teenwoordigheid van sy Gees. Die lig van hoop en insig met sy Gees wat ons lei.

Mag die kleurvolle LIG van liefde en genade op jou skyn en mag jy ook die LIG bring vir almal om jou wat in die donker stal van menswees en aardse reuk vasgevang is. Vier die fees van LIG, want ons Vader se liefde bring kleur en hoop. Jesus se opstanding bring lewe en oorwinning en die Heilige Gees bring insig en krag

Kersfees— die kleurvolle fees van die LIG…