Pages Menu
Categories Menu

Posted by on Mar 10, 2017 in Gemeenskap, Gemeente Nuus |

Sinodale Koördineringspan – Welkom, Richard

Sinodale Koördineringspan – Welkom, Richard

Die moderamen het hierdie week vir Richard Holloway van St Helenabaai aangewys as hulle verteenwoordiger op die koördineringspan (SKS). Dit volg nadat Nioma Venter onlangs as PSD aangestel is. Die ander verteenwoordiger is Christo Benade van NG Suiderstrand. Ons wens beide hierdie kollegas insig en seën vir hulle betrokkenheid in hierdie span toe.